Oor Proteahoogte Mark

Koop aanlyn!

Vanweë die nasionale inperking het NGK Proteahoogte besluit om ons jaarlikse Wintermark aanlyn aan te bied. Sodoende kan jy vanaf die gemak van jou eie huis jou gunsteling markprodukte koop!

Alle bestellings moet by die kerk in Heuwelstraat, Proteahoogte afgehaal word op die datums wat aan jou gekommunikeer sal word per e-pos nadat jy ‘n bestelling geplaas het.

Volg Ons

Beskou ons produkte

Loer gerus deur al die verskillende produkte wat op ons aanlynmark te koop is.

Plaas jou bestelling

Kies watter items jy graag wil koop en sit hulle in jou mandjie. Daarna kan jy na die betaalvenster gaan. Jy kan met jou bankkaart betaal.

Wag vir e-pos

Nadat jy jou bestelling geplaas het en betaal het sal jy 'n e-pos ontvang met meer besonderhede oor wanneer jy jou produkte by die kerk kan kom haal.

Geniet jou produkte

Deel gerus jou ervaring van ons webtuiste met ons en met jou vriende. Jy kan dit doen deur vir ons te e-pos of deur sommer op sosiale media 'n boodskap te los.